| Ek
self het begin dans toe ek 12jaar oud was. Alida het
briefies kom uitdeel by ons skool (ek was toe graad
8 in Bellville Hoërskool) en ek besluit toe ek
gaan dit probeer – Ek’t niks om te verloor!
Wel, om `n lang storie kort te maak: 10 jaar later
dans ek nog al die pad en raak elke dag maller daaroor!!
My
persoonlike visie is om die mense in my lewe te beïnvloed/inspireer,
soos wat ék graag beïnvloed/inspireer
wil word. Ek’t iewers gelees dat jou ywer vir
God beslis `n invloed op die lewens van ander sal
hê. Daarom streef ek daarna om elke dag entoesiasties,
doelgerig, toegewyd en vol vertroue te wees. Vibrant
is vir my die ideale platform om my visie (soos bo)
te kan waar maak. Ek het `n kans om te doen waaroor
ek MAL is, saam met mense waaroor ek MALLER is!
In
Matteus 5:13-16 word die taak van Jesus se volgelinge
beskryf –
“Julle is die sout wat die aarde `n beter plek
moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit
op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar.
Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat
uitgegooi en deur die mense vertrap te word. Julle
is die lig wat die wêreld moet verlig. `n Stad
wat bo-op `n berg lê, kan mos nie weggesteek
word nie! `n Mens steek ook nie `n lamp op en maak
dit dan onder `n emmer toe nie. Allesbehalwe! Jy sit
dit bo-op `n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal
in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle
`n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense
dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”
Ek
sien uit om saam met die res van Vibrant `n helder
lig te laat skyn!!
|