| Dit
is ook ‘n manier om te bedien en ‘n getuienis
uit te dra. Party mense dra hul getuienis uit deur
te sing of deur drama, ek doen dit deur middel van
dans. Dans is vir my ‘n vorm van kommunikasie.
Ek was by die Waterfront Theatre School waar ek my
ISTD Teachers eksamen in Tap dans gedoen het. Op die
oomblik is ek besig met my AIDT Modern Teachers eksamen.
In 2005 & 2006 was ek deel van ‘n groep
wat deelgeneem het aan die FISAF Funk kompetisies.
Ons het op Provinsiale- en Nasionale vlak kompeteer.
Ek het dit baie geniet en ook baie daaruit geleer.
Dit was ‘n great ondervinding.
Dis vir my belangrik om als wat ons doen met “excellence”
te doen. Ons dien ‘n Almagtige God wat nie vir
ons Sy tweede beste gegee het nie, maar Sy BESTE!
Waarom sal ons nie vir Hom ons allerbeste teruggee
nie?
Dit is ook vir my belangrik om altyd die fokus op
die Here te hou wanneer ons dans. Dit gebeur baie
maklik dat dit net oor die adrenalien en mense se
reaksies gaan. Wanneer dit gebeur, steel ons die eer
wat God toekom. Ons is en bly net instrumente in Sy
hand. Ons gebruik die gawes en talente wat ons by
Hom gekry het om Sy Naam groot te maak.
Mense is soms teen dans in die kerk oor dit wat die
wereld met dans gedoen het. Die vyand het dit verdraai
en misvorm tot iets wat God nooit bedoel het dit moet
wees nie. Dans is ‘n Bybelse beginsel en ek
wil help om christene en jongmense te leer om hulle
energie tot eer van God te gebruik.
Ek gee klas by El Shaddai vir voorskool tot hoërskool.
By Bellville-Wes het ek ‘n meer gevorderde klas
vir senior meisies, ‘n hoërskoolklas en
‘n tapgroep. By Bellville Vallei, laerskool
meisies en seuns en ‘n junior tapgroep.
Afgesien van my klasse by Vibrant gee ek ook klas
by Paarl Gim en by Logos gemeente se jeugbediening.
Dis vir my wonderlik om deel te wees van ‘n
dansskool soos Vibrant waar ek my liefde vir God en
my passie vir dans kan uitleef.
Last thought: Maak nie saak of jy nog nooit gedans
het en of jy al die opleiding in die wêreld
het nie, die Here sien jou hart raak. Dans voor Hom,
jou audions of One! Alles tot eer van Sy Naam!!
Party mense gebruik sang / woodre, ek gebruik my liggaam
in die vorm van dans.
One of the keys in dancing for the Lord is maintaining
your focus upon Him. It is all to easy, just to seek
to receive man's applause, robbing God's glory; instead
of using the gift to give glory to God.
Many Christians are opposed to dance because of what
the world has done with it. However, just because
Satan has perverted something, doesn’t mean
that we as Christians should stop using it for God’s
glory. The Bible says: “...all things were created
by Him, and for Him” (Col 1:16).
|