Teachings
WAAROM
DANS ONS?
Dans is as ritmiese bestandeel in elke mens se psigosomatiese
bestaan ingebou. Elke mens maak, of natuurlik, of gekultiveerd,
van hierdie gawe gebruik.
Dans kom van die vroegste eeue al sterk na vore. Dit is
net so oud soos musiek. Dans kom van die behoefte af om
emosies uit te druk deur die liggaam te gebruik. Daar was
hoofsaaklik twee redes in die O.T. waarom mense gedans het:
DIE
OORWINNINGSDANS
Hierdie dans is gedans voor iemand of na iemand toe om aan
die persoon eer te bewys. Dit was altyd gedans deur die
persoon wat die naaste was aan die oorwinnaar bv. :
Jefta - Rigters 11
Dawid - 2 Sam. 6
Daarom dat Dawid, na sy oorwinning, vir Mikal (Saul se dogter
en sy vrou) berispe het. Sy het hom in stilte verag i.p.v
om hom tegemoet te kom met 'n oorwinningsdans. Sy kon nooit
kinders hê nie. (gevolg = mis doel)
Net so, behoort ons as Christene ook te dans omdat Jesus
vir ons die oorwinning behaal het. Hierdie is 'n dans van
oorwinning, 'n dans van lewe, 'n lewenstyl van beweging
saam en in Jesus Christus. As ons NIE dans nie, is ons nie
waar God ons wil hê nie.
LOFPRYSING
& AANBIDDING
In die O.T. was dans deel van die volk se aanbidding. Die
kerk se lofprysing en aanbidding het bestaan uit kore, orkeste
en dansers wat 24 uur per dag God aanbid het.(1 Kron 16:4-6
/ 37-40)
Tydens die middeleeue het al hierdie dinge tot 'n einde
gekom en begin die kerk nou eers weer stadig terugbeweeg
na daardie tipe van aanbidding.
Tot
dusver is aanbidding op so 'n wyse herstel dat daar weer
kore en orkeste is, maar die dansers is nog glad nie so
algemeen nie. Totdat dans in die kerk nie weer sy regmatige
plek ingeneem het nie, sal die liggaam van Christus nie
volmaak wees in hul lofprysing en aanbidding nie. Daarom
is dit so belangrik om te begin dans en die Here daardeur
te verheerlik.
Jeremia 31 : 4b "Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy
sal uitgaan
om te dans saam met die wat bly is." (N.V.)
Openb 19 : 7 - Die bruid van Christus is dansend !
Amos 9 : 11 "God sal Sy Ark (tempel van aanbidding)
restaureer."
Hierdie is 'n profesie waar die Here sê dat die Kerk
weer herstel sal word in hul dans.
Die Woord sê ook dat ons ons vreugde (emosie) in die
Here moet vind. Dis dus belangrik dat wanneer ons dans,
ons oë op Jesus sal wees. Dan sal ons ons fokus behou
en ons doel bereik deur ons dans.
Dans kombineer gedagtes van die hart saam met koordinasie.
'n Sekere temperament, kunspersepsie en doel word saamgevoeg
en uit bogenoemde word beweging gebore.
Ons beoefen elke dag beweging (loop, groet). Ons is deel
van beweging (aarde, binne ons liggame). Deur beweging wys
ons aan ander wat ons voel en wat diep binne ons aangaan.
Dis 'n uitbeelding van ons karakter en ons persoonlikheid.
Jesus Christus het altyd die realiteite aangespreek. Wanneer
ons dans, moet ons ook konkrete vorm gee aan sekere waarhede.
Ons moet die werklike lewe in die mense om ons aanspreek
wanneer ons dans: dan sal dit tot die pyn en wonde van die
wêreld spreek.
Jeremia 31 : 13 - "Dan sal die jong meisies dans van
blydskap saam met die jong mans en die ou mans. Ek sal hulle
droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle uitkoms
gee: Ek sal hulle bly maak, hulle sal geen kommer meer hê
nie " (NV)
HOEKOM
HET GOD DANS GESKEP?
- Vir
kommunikasie & demonstrasie
-
Hosea 12 : 10 - Sodat profesieë uitgebeeld kon word
-
70% - 80% van alle kommunikasie is nie-verbaal. Ons liggaamshouding
en gesigsuitdrukkings sê soms baie meer as woorde.
-
Die boodskap van God word nie net gehoor nie, maar ook
gesien, dus het dit 'n groter impak.
HOEKOM
PRYS & AANBID ONS GOD DEUR TE DANS?
-
Dis 'n opdrag van God (Psalm 33 : 1 / 47 : 1 / 134 : 2
/ 149 : 3)
- Psalm
18 : 32 , 34
- God
is die gewer van krag (energie)
- Ons
moet God liefhê met ons krag (energie) Deut. 6 :
5 Ek
kan dit nie doen sonder om te beweeg nie
-
Daar is krag in lofprysing: dis 'n wapen vir oorlogvoering
(2 Kron 20 / Ps 8 : 2)
- Ons
is gemaak om Homte aanbid (1 Pet 2 : 9 / Jes 43 : 21)
- God
reageer op ons lofprysing (Ps 22 :3)
DRIE
FUNKSIES VIR DANS IS:
-
Om God te aanbid
-
Ons gee uitdrukking aan Jesus binne ons (Blydskap)
-
Profesie (Om in ander se lewens in te spreek)
WAT
GEBEUR AS ONS DANS?
-
Dans is 'n kommunikasie middel tot God en almal wat dit
sien.
-
Liggame, geeste en denke word 'n eenheid as ons God verheerlik
deur ons dans, want almal se fokus is dieselfde.
-
Waar daar eenheid is, is God se salwing (teenwoordigheid).
-
God se salwing breek die juk, dus word mense vry van allerhande
dinge wat hulle terughou.
HOE
VOEL GOD OOR DANS?!?!
- Sefanja
3 : 17 "He will dance with shouts of Joy"
-
Exodus 5 : 1 "They may hold a (feast) unto me"
(NIV)
chagag - om in 'n sirkel te beweeg, juig, dans
-
Exodus 12 : 11 "It's the Lords (passover)" (NIV)
pecach - om te dans, te spring
Hosea 12 : 10 God kies om deur kuns te praat
REDES
WAAROM CHRISTENE NIE VRYHEID IN DANS ERVAAR NIE:
TEKORT
AAN KENNIS
Baie Christene glo hulle mag nie aanbid deur dans nie. Hulle
weet
nie wat die Woord hieroor sê nie.
DIE
KERK HET DANS VEROORDEEL AS VLEESLIK
Baie kerke glo dis sonde om te dans. Hulle het 'n verkeerde
persepsie van dans en besef nie dat dit iets vir die gemeente
kan beteken nie.
ONS
SAMELEWING & KULTUUR Sê DIS VERKEERD
Ons kultuur sê vir ons 'mans dans nie' en 'mans huil
nie'. Ons is
vol inhibisies wat ons keer om werklik te kan beweeg.
VREES
VIR MENSE
Ons voel baie keer dat mense snaaks sal dink as ons dans.
As
ons leef in vrees vir mense, i.p.v. in vrees vir God, sê
ons eintlik
dat ons mense se opinies belangriker ag as God s'n. Vrees
vir
mense is sonde. Ons is ook nie verantwoordelik vir ander
se
reaksie nie. God beoordeel ander se reaksie as ons dans
- dit
het niks met ons te doen nie.
TROTS
Trots is ook soms 'n rede waarom ons nie ander kan of wil
bedien nie. Dit vloei uit vrees vir ander se reaksie of
dat ek foute sal maak.
EK
IS NIE GEROEP NIE
Volgens die Woord is daar geen beperking op wie mag dans
en
wie nie. Almal wat God aanbid mag (moet) voor Hom dans.
Daar
is verskeie vlakke in die dansbediening, maar die hele gemeente
is geroep om Hom te aanbid met al hulle krag (emosie).
Deut. 6 : 5
TEKORT
AAN VRYHEID / SKULDGEVOELENS
Soms is daar dinge in ons lewens wat ons terughou om God
heelhartig te aanbid. Vra God om jou te wys wat jou
terughou, sodat niks jou sal weerhou om jou volle potensiaal
te
bereik in dans as bediening nie. Dit is God se wil dat ons
vry
moet wees om Hom te kan aanbid.
2 Kor. 3 : 17 - "Die Here beteken hier die Gees, en
waar die Gees
van God is, is daar vryheid." (NV)
WEET
NIE HOE OM TE BEWEEG NIE
Dit gebeur dalk dat jy graag wil dans, maar nie weet hoe
om jou liggaam korrek te gebruik nie.
|