| Ek
onthou een aand in klas, nog by Vredelust kerk, het
Alida met ons 'n oefening gedoen waar jy jouself moet
verbeel jy is in 'n sirkel. Die sirkel het klomp leuns
van die duiwel in oor jou lewe en terwyl jy al jou
bagasie in die sirkel los, moet jy uit die sirkel
spring. Met so 'n eenvoudige oefening het ek agter
gekom hoe baie negatiewe goed in my ('n mens) se lewe
kan wegkruip. Deur die oefening te doen kon ek met
die krag van Jesus Christus die klein jakkalsies agterlaat
en vorentoe kyk. Ek het daardie aand besef God IS
die Weg die Waarheid en die Lewe!
Ek
het eenkeer in 'n tydskrif gelees waar hulle bespreek
hoe dit is om vir/met God te dans. Ek stem 100% met
hulle saam.
My interpritasie – Dans is om met God te praat
sonder woorde. Jy kan jouself uitdruk deur hoe jy
dans. Om te dans met geloof vra na ontmoeting met
Hom. Om my Skepper te aanbid. - Ek dans presies vir
daardie redes!
Ek
het nou in 2009 meer ernstig begin klas gee by Vibrant.
Op die oomblik gee ek klas by Hebron Christen skool,
Totius Laerskool en ek “shadow” 'n paar
klasse by Alida en Michelle by Elshadai Christen skool.
Ek is besig om myself voor te berei vir die einde
van die jaar wanneer ek my eerste Teachers eksamen
gaan doen.
Ek
glo nie die Here het vir my net een passie gegee nie,
want ek het 'n baie spesiale plek in my hart vir diere.
Wat ek eintlik wil deel is dat (deur ervaring uit
my eie lewe) 'n mens moet geduldig wag op die Here,
jou tyd is dalk nie sy tyd nie.
Hier
is twee versies wat my al deur baie gekry het:
Jeremia
29:11 “For I know the plans I have for you,
declares the Lord, plans to prosper you and not to
harm you, plans to give you a hope and a future.”
Joshua
1: 9 "Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en
vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die
HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan?"
Ek
het nooit gedink ek sou een van die dans instruktrises
wees nie en kyk nou.
Jy kan enige iets doen deur Jesus wat jou die krag
gee.
|